Bak en spyseniering

Netvleish Meat Club

Ons hou SAFFAS aan die BRAAI!

Netvleish lewer dwarsoor Kanada top gehalte Suid Afrikaanse vars en droëvleisprodukte. Ons is ‘n familie besigheid, wat hier van ons plaas in die Noorde van BC, die hele Kanada bedien. So, jy het ‘n OOM op ‘n plaas in Kanada!

Ons sorg nie net dat SAFFAS in Kanada van die beste Biltong, Droëwors, Cabanossi, Chilli Bites en Chutney Sticks voorsien word om hulle proviant vir die volgende Rugby kuier op goeie vlakke te hou nie, maar ons hou ook SAFFAS hier aan die BRAAI met ons oorspronklike Kromdraai Boerewors, die wonderlikste BASAAR Sosaties,geurige Kaaswors, alombekende Chakalawors en die aller beste Kasegrillers in die hele, hele wêreld – Smokie se MOER man!

Alle spog op stokkie, Netvleish het ook ‘n dieper kant. Toe die Gauche’s voet aan wal gesit het hier in Kanada, was dit maar ‘n eensame stryd wat gevolg het en alhoewel ons van die gelukkiges was wat omring was met familie wat reeds hier was en ons ook moet getuig dat die Kanadese gemeenskap baie verwelkomend was en steeds is, was daar maar altyd daardie gemis na jou mense wat skielik vêr weg is. Dit was hierdie verlange na ‘n groter familie wat ons genoop het om weer ons talent in die vleis te druk.

Elke stukkie vleis hanteer ons vir iemand wat ons beskou as ‘n potensiële vriend, iemand wat deel van ons groot familie kan word. Ons maak nie net eenvoudig nog ‘n stuk biltong nie, ons bou ‘n bietjie liefde daarby in. Vir ons is elke produk wat by ons deur uitgaan ‘n uitnodigingskaartjie met die woorde, “Jy is welkom in dié famile”. Daarom ook dat die Gauché’s elke jaar die NETVLEISH BOERE FEES hier by ons op die plaas aanbied. Dit is ons dankie sê geleentheid waar ons iedere en ‘n elk gratis trakteer op die beste Vleis, Pap en Sous in Kanada.

Met die Netvleish Boere Fees se ons dankie vir ons Hemelse Vader wat ons nog ‘n kans gegee het, dankie aan die Kanadese gemeenskap wat ons hier verwelkom het en Dankie aan ons groter SAFFA familie wat ons so goed ondersteun. Kom maak gerus hierdie jaar ‘n draai en skree BALKE TOE, hier by ons op die plaas. Sluit hier by die feesgroep aan en bly op hoogte van hierdie GROOT BOERE KUIER in die NOORDE: https://www.facebook.com/groups/220244580143178/

Besoek gerus ons webwinkel by http://www.netvleish.com of volg ons Facebook blad hier https://www.facebook.com/profile.php?id=100086689807261

 

Kontak Netvleish Meat Club

Dawson Creek, Brits-Columbië, Kanada
Koppel aan sosiale media

Deel hierdie inskrywing