Ander, Bemarking en kommunikasie, Facebook-gemeenskap

Oorsee

The Community App For South African Expats

Oorsee.com is ’n toep wat  geskep is om Suid-Afrikaners in die buiteland te ondersteun deur hulle die geleentheid te bied om vriendskappe te smee met mede-Suid-Afrikaners wat in dieselfde omgewing woon. Die waarheid is, jy sal nie met almal in Suid-Afrika vriende wees nie en dis hoekom Oorsee ook families met gelyksoortige belangstellings na mekaar verwys, wat verseker dat jou vriendskappe langdurig sal wees, waar vriende eintlik soos familie voel.

Verder bied Oorsee ’n verskeidenheid ondersteuningsgroepe waarby jy betrokke kan raak. Of jy nou op soek is na advies of bereid is om ’n helpende hand te bied deur meubels, verblyf, vervoer of net selfs raad te gee, hier is vir jou ’n geleentheid om ander te ondersteun. Ons streef daarna om ’n betekenisvolle rol te speel deur hulpbronne en ondersteuning aan te bied, sodat ander Suid-Afrikaners in die buiteland makliker die uitdagings van ’n nuwe lewe kan hanteer.

Dit maak nie saak in watter land jy jouself bevind nie. Oorsee het groepe vir die meeste lande in die wêreld, en as jy nie een sien vir jou land nie, het jy die geleentheid in die toep om een te skep en jou vriende en familie daarna toe uit te nooi.

Oorsee bevat ’n magdom inligting van Suid-Afrikaners reg oor die wêreld. Gaan loer gerus na hulle avonture en kyk hoe dinge aan die ander kant van die draad lyk.

Ons glo vas dat Suid-Afrika nie net ’n land is nie; dit is ook die mense. Dit maak nie saak waar ons onsself bevind nie – solank ons mekaar ondersteun, daar vir mekaar kan wees, en nooit vergeet waar ons vandaan kom nie.


Oorsee.com is an app that was created to support South Africans living abroad by giving them the opportunity to make friends with fellow South Africans who live in the same area. Let’s be honest, it is unlikely that you would be friends with everyone in South Africa, and that is why Oorsee refers families to each other who have a lot in common. This ensures lasting friendships, where friends feel more like family.

Oorsee also offers a variety of support groups you can join. Whether you are looking for advice or want to offer a helping hand by giving furniture, accommodation, transport or even just advice, this is your opportunity to support others. We strive to play a meaningful role by offering resources and support, so other South Africans abroad can more easily handle the challenges of a new life.

It doesn’t matter in which country you are. Oorsee has groups for most of the countries in the world, but if you do not see one for your country you have the opportunity to create one on the app and to invite your family and friends.

Oorsee’s activity feed has a lot of information about South Africans from around the world. Have a look at their adventures and see what things look like on the other side of the fence.

We firmly believe that South Africa is not just a country; it is also the people. It doesn’t matter where we are – as long as we support each other, are there for each other, and never forget where we came from.

Kontak Oorsee

Melbourne VIC, Australia
Koppel aan sosiale media

Deel hierdie inskrywing