Onderwys en opleiding

oolfant.com

Leer Afrikaans op ’n moderne, vars manier. Op enige plek!

Oolfant.com is vir Afrikaanse tuisskolers wat soek na interessante inligting en inspirasie om van tuisonderwys ‘n reusesukses te maak.

Marisa Haasbroek is ’n veteraan-tuisskoolma. “Dit is ’n mooi manier om te sê ek is aan die verkeerde kant van … ag, toemaar, los maar. My twee kinders het nooit ’n enkele dag van hulle jong lewens op ’n skoolbank deurgebring nie. Hulle is nou onderskeidelik 23 en 21 jaar oud en is goed op pad om goedaangepaste, gelukkige grootmense te word,” sê Marisa.

Moenie dat sy oor Afrikaans en haar liefde vir haar moedertaal begin praat nie. Jy gaan haar nie weer stil kry nie. Daarom skep sy graag vir Afrikaanse tuisskolers beter leermateriaal en vul haar dae deur Afrikaanse taal- en skryfkursusse te skryf en te ontwikkel.

.

Oolfant.com is for Afrikaans homeschoolers searching for interesting information and inspiration for highly successful homeschooling.

Marisa Haasbroek is a veteran homeschool mom. “It is a nice way of saying I am on the wrong side of … never mind. My two children have never spent a single day of their young lives at a school desk. They are now 23 and 21 years old respectively and well on their way to becoming well adjusted, happy adults,” says Marisa.

She is passionate about Afrikaans and for this reason she works at creating improved learning material for homeschoolers, as well as writing and developing Afrikaans language and writing courses.

 

Kontak oolfant.com

Koppel aan sosiale media

Deel hierdie inskrywing