Kerk

NG Kerk Swakopmund

Ons glo God roep en stuur ons as gemeente om vir Hom 'n verskil te maak deur hulp te verleen en hoop te bring in Swakopmund.
Ons gemeente het op 25 Oktober 1957 met ongeveer 250 lidmate van Walvisbaai afgestig. Ds. HS Vorster was as eerste leraar beroep. Eredienste is vir baie jare in ‘n saaltjie gehou totdat die huidige kerkgebou op 30 Augustus 1980 in gebruik geneem is. Die suidelike muur van die saaltjie met ‘n kruis daarteen en die westelike muur, agter die kansel, het behoue gebly in die huidige kerkgebou.
Die gemeente het aanvanklik uit twee koppe bestaan, Swakopmund en Hentiesbaai. Vanweë ‘n bestendige toename in lidmate het Hentiesbaai op 29 September 1996 as ‘n selfstandige gemeente afgestig.
Die huidige leraars, di Christo van den Heever en Manus Olivier bedien die gemeente onderskeidelik vanaf 1983 en 1989.
Vandag het die Swakopmund gemeente meer as ‘n 1300 belydende- en dooplidmate.

Kontak NG Kerk Swakopmund

+264 64 404 040
C/O Daniel Tjongarero ave. and Luderitz st. and Luderitzstreet Swakopmund, Namibia
Koppel aan sosiale media

Deel hierdie inskrywing