Bak en spyseniering

Michelle se Kombuis

Boerekos met BAIE liefde …

Dit is elke dag heerlik om te bak en brou hier op ons plaas in die Ficksburg-distrik in die Oos-Vrystaat waar Michelle se Kombuis op 21 Februarie 2019 ontstaan het. Ons as boere het erge droogte op die plaas ervaar het en ek moes ’n alternatiewe inkomste genereer om ons gesin by te staan. Min het ek geweet dat ons ná drie jaar soveel families van kos sou voorsien. Ons het ’n hele reeks geregte, van heerlike bobotie, lasagne, pasteie, poedings, soppe en glutenvrye geregte op ons spyskaart waaruit ons kliënte kan kies.

Michelle se Kombuis se slagspreuk is LEEF JOU PASSIE!

Dit is nie net my passie nie, maar ook my tweelingsuster Sandri Olivier s’n wat in Namibië ook een van ons takke daar bedryf. Ons mans en kinders is gereeld betrokke wanneer die werk party dae net te veel word en roer graag die potte of maak ons bakkies toe.

Boerekos met BAIE liefde …

As ek terugdink aan die jare wat ons in die buiteland gewoon het, is boerekos wraggies die een ding waarna ek die meeste verlang het, want niemand kan tog kos maak soos jou eie ma nie. Ons het al die disse vervolmaak wat ons dag in en dag uit maak. Ek glo dus dat dít wat ons aan ons kliënte voorsien, is waarna almal wat oorsee bly ook terugverlang. Ons kan dit wel nou aan hul geliefdes in Suid-Afrika voorsien.

Daar is reeds soveel kinders vanaf Australië, die Seychelle-eilande, Nieu-Seeland, Kanada, Amerika, Engeland en Namibië wat kos uit Michelle se Kombuis vir geliefdes in Bloemfontein, Ladybrand, Clocolan, Bethlehem en Ficksburg bestel. Ons maak dit ons doelwit om uit ons pad te gaan om die pakkies spesiaal by hulle te kry.

Enigiemand wat ouers of geliefdes in hierdie vyf dorpe het, kan my Whatsapp op +27 79 432 7643 vir meer inligting rakende ons wye reeks gevriesde etes. Ons is op Facebook en Instagram as Michelle se Kombuis. Bestellings kan ook op ons webtuiste geplaas word by www.michellesekombuis.co.za, of deur ’n e-pos te stuur na orders@michellesekombuis.co.za.


When we get a call or WhatsApp from an unknown number, we are always very excited – unlike most people. A call or WhatsApp means someone far abroad wants to treat their parents or loved ones in South Africa to a delicious meal from our farm kitchen.

Michelle se Kombuis opened its doors in 2019 when Michelle Britz had to generate an income during the drought they experienced on their farm. They make delicious frozen dishes such as bobotie, lasagna, pies, puddings, soups and gluten-free dishes in their kitchen in the Ficksburg district in the Eastern Free State. Her sister Sandri Olivier operates one of their branches in Namibia.

Deliveries are done in Bloemfontein, Ladybrand, Clocolan, Bethlehem and Ficksburg; and distribution can also be arranged in Pretoria, Alberton, Randburg, Durban and the Garden Route. We have children and family members from countries such as Australia, the Seychelles, New Zealand, Canada, the USA, England and Namibia who treat their loved ones with a hearty meal. Our motto is LIVE YOUR PASSION. Give us a try!

Kontak Michelle se Kombuis

079 432 7643
Ficksburg, South Africa
Koppel aan sosiale media

Deel hierdie inskrywing