Huisverbetering

Maid in Heaven

Skoonmaakdienste

Maid in heaven bied skoonmaakdienste en spesialiseer in oonde, braais en mikrogolfoonde.

Die Maid in heaven-produkreeks word aan die Hibiskuskus met die hand vervaardig van slegs die beste natuurlike produkte. Al ons produkte word slegs met sterk, suiwer, essensiële olies gegeur. Dit bevat geen chemikalieë, sintetiese middels of kunsmatige geure nie, net basiese bestanddele van uitstekende gehalte soos koeksoda, Spaanse seep en klapperolie.

Hierdie gebruiksgereed produkte lyk, ruik en voel dalk nie soos die supermark s’n nie, maar dit is baie beter vir die omgewing en vir ons gesondheid.

Met my webtuiste wil ek idees deel en verbruikers opvoed oor hoe om nare chemikalieë uit die huis te verwyder en staatmakertoestelle in die kombuis wat dikwels vergete bly, skoon te hou.

Moet jou oond diep skoongemaak word? Ons gebruik essensiële sitrusolie om vullis en vet uit oonde te verwyder. Ons skroef die agterplaat en waaier af en haal die draadrakke, syrakke en syplate uit sodat ons elke oond aan die binnekant heeltemal skoon kan kry. Ons week al dié dele en skrop dit totdat dit silwerskoon is.

Terwyl bogenoemde dele week, smeer ons ’n pasta in die oond en begin skrop. Ons haal die oonddeur af, indien moontlik, en verwyder alle vullis uit die deur. Dan skrop ons die rakke en sit die oond weer aanmekaar. Jou oond sal beslis skitterskoon wees!

______________________________________________________________________________________________

Maid in heaven provides cleaning services, specialising in ovens, BBQ’s and microwaves.

The Maid in heaven range of products is all handmade on the Hibiscus Coast using only nature’s best. The products are scented only with pure, supercharged essential oils. It contains no fillers, chemicals, synthetics or artificial fragrances, only premium quality base ingredients like baking soda, Castile soap and coconut oil.

These ready-to-use products may not look, smell or feel like something off the supermarket shelf, but they are far better for the environment and our health.

Through my website, I aim to educate and share ideas for eliminating nasty chemicals from your home and keeping your well-used, often forgotten appliances clean.

Does your oven need a deep cleaning? We use essential citrus oils to lift grime and grease from your oven. We unscrew the backplate, take off the fan and take out the wire racks, side racks and side plates to clean each oven completely on the inside. We soak all these parts and scrub them until they are squeaky clean.

While the parts are soaking, we apply a paste to the inside of your oven and start scrubbing. We take your oven door off, if possible, and remove all pieces of grime inside the door. Then we scrub the racks and reassemble the oven. Be assured, you will have a sparkling clean oven.

Kontak Maid in Heaven

642 108 566 734
Koppel aan sosiale media

Deel hierdie inskrywing