Eg Suid-Afrikaans

Lowfeld Soul Food

Lowfeld Soul Food manufactures traditional South African air-dried meat snacks (biltong & droëwors), boerewors, and sausage rolls.

Lowfeld Soul Food is ’n klein onderneming met ’n passie om goeie Suid-Afrikaanse tradisionele verwerkte en vars produkte te vervaardig. Hulle glo die feit dat dit ’n klein onderneming is, verseker goeie kwaliteit.

Mike en Gerbri Myburgh kom onderskeidelik van Nelspruit en Wellington af. Kos is hul passie.

Ons maak al sedert ons jongdae kos vir familiebyeenkomste en werkspartytjies en het uiteindelik, ná ’n baie lang tyd, besluit om dít ons lewe te maak. Ons wou die kos waarmee ons grootgeword het – en wat ons vir 14 jaar vir onsself gemaak het – met ons vriende en nuwe bure deel.

Ons het ’n liefde vir Suid-Afrikaanse kos, veral biltong, droëwors en boerewors. Ons het ’n paar van ons persoonlike gunstelinge bygevoeg en daar is nog baie op pad.

Ons woon tans net noord van Charleston SC in ’n klein dorpie met die naam Awendaw SC. Charleston is al vir die laaste 14 jaar ons tuiste en dit is ook waar ons fabriek geleë is. Ons het groot planne om ons besigheid uit te brei en aan Suid-Afrikaners hul gunsteling vleislekkernye te verskaf.

Kontak Lowfeld Soul Food

Koppel aan sosiale media

Deel hierdie inskrywing