Eg Suid-Afrikaans, Skoonheidsdienste

IsMozBos

IsMozBos se Bosseep is ‘n klein stukkie bosveld-bederf waarmee jy op reis of by die huis die muskiete kan eenkant hou en jou verlustig aan die onmiskenbare geur van die bosveld.

Die storie van dié besonderse bosseep het begin by ‘n ware bosliefhebber wat haar grootste inspirasie in ‘n prentjiemooi bosveldlandskap gevind het. Erens op ‘n verlate grondpad in die verruklike Botswana het die aanloklike aardse reuk van wildesalie haar aandag getrek – in vervoering met die geurige struik wat so eg bosveld ruik het sy net daar besef dat dit gedeel moet word met ander. Bondels en takke was bymekaar gemaak en sorgvuldig verpak – en so het sy vertrek met ‘n tas vol wildesalie en ‘n kop vol drome. Kort voor lank het sy met haar finesse vir formules begin met die ontwikkeling en vervaardiging van ‘n besonderse lyfprodukreeks wat geïnspireer is deur die beeldskone eenvoud van die bosveld. IsMozBos se Bosseep is ‘n klein stukkie bosveld-bederf waarmee jy op reis of by die huis die muskiete kan eenkant hou en jou verlustig aan die onmiskenbare geur van die bosveld.

Vandag is Is Moz Bos by Outdoor Warehouse takke beskikbaar. Gastehuise, alle Van Heerde Apteke, Outdoorphoto en Krugerwildtuin Skukuza winkel is maar net ‘n paar van Is Moz Bos se kliënte. Produkte word ook nou na Malawi en ander dele in Afrika versprei.

Kontak IsMozBos

+27 82 566 1847
Koppel aan sosiale media

Deel hierdie inskrywing