Kuns en ontwerp

Harry Erasmus Art

Beautiful paintings done by South African artist Harry Erasmus.

Harry is in Pretoria in Suid-Afrika gebore. Hy is van baie jongs af al lief vir kuns en alles wat daarmee te doen het. Hy kies altyd ligte, kleurvolle kunsstyle.

Harry is een van Suid-Afrika se mees unieke kunstenaars en is baie dankbaar vir sy talent. Hy het ’n aangebore, natuurlike talent en het geleer om op sy eie manier te skilder omdat hy geen formele opleiding gehad het nie. In sy loopbaan as kunstenaar het hy verskillende style ontwikkel en bemeester.

“Ek beplan nie ’n skildery nie. Terwyl ek skilder, voel dit vir my of ek in ’n ander wêreld is, ’n wêreld wat ek kan skep net soos ek wil.”

Harry se werke is kleurvol en prettig, en elke keer as jy daarna kyk, sien jy iets anders raak – ’n weggesteekte kat of glas wyn. Hy hou van beweging in sy werk. Geboue dans op die maat van die lewe en nooi ’n mens vir ’n rukkie in in wat hy sy “speelse fantasiewêreld” noem.

______________________________________________________________________________________

Harry was born in Pretoria, South Africa. He fell in love with art and everything about art at a very early age. He always chooses light and colourful art styles.

Harry is one of South Africa’s most unique artists. Born with a natural talent and with no formal training, he has learned to paint his own way. In his career as an artist, he developed and showed that he is capable of different styles. Harry is thankful for his talent.

“I don’t plan a painting. Being busy painting feels to me like an escape to a different world. A world which I can create as I please.”

Harry’s works are colourful and fun, and every time you look at them, you can see a different detail – a hidden cat, a glass of wine. He loves the movement in everything. Buildings dance to the melody of life, and for a moment people are introduced to what he calls his “whimsical” world.

Kontak Harry Erasmus Art

+31 6 43085783
Koppel aan sosiale media

Deel hierdie inskrywing