Restaurant

Glenbosch Wine Estate

At Glenbosch, it’s all about sharing the experience of fine food, wine and crafted spirits. Exploring and amplifying all that nature has to offer in flavour.

By Glenbosch gaan dit oor die ervaring en die deel van heerlike kos, wyn en boetiekdrank. Om die geure wat die natuur bied te verken en op te skerp.

Ons visie vir die plaas is om soos die res van die omgewing, produkte van uitstaande gehalte te skep tesame met uitstekende diens wat almal kan geniet. Ons wil iets tot stand bring wat vir generasies lank sal hou.

Kom proe ons wyn en jenewer, bespreek ’n tafel by ons restaurant, of maak gebruik van ons akkommodasiegeriewe. Die pragtige uitsigte van die Noord-Oos Victoria-landskap is ingesluit by alles wat ons aanbied, dis ’n belofte!

Ons is ’n jong gesin met groot drome en wil graag ons reis met mense deel. Ons hoop dat ons passie vir gasvryheid en hierdie omgewing daartoe sal bydra dat besoekers ons verlaat met ’n paar herinneringe wat hulle ’n leeftyd lank sal hou.

Ons nuutste toevoeging tot die plaas is vier luukse eko-vriendelike selfsorgeenhede wat onafhanklik is van die elektrisiteitsnetwerk. Een slaapkamer met uitsigte wat vir dae lank aanhou – die perfekte keuse vir paartjies wat bietjie wil wegkom.

Ons hoop jy kan sommer gou by ons en dié pragtige omgewing kom inloer.

 

Kontak Glenbosch Wine Estate

Koppel aan sosiale media

Deel hierdie inskrywing