Eg Suid-Afrikaans, Vermaak

Flick Fingerboards UK

Creators of authentic South African fingerboard (Afrikaans: vingerbord) games.

Ek en my man is oorspronklik van Suid-Afrika en woon al langer as 16 jaar in die Verenigde Koninkryk.

Een van die dinge wat ek hier in die VK gemis het van Suid-Afrika, was die geliefde bordspeletjie Vingerbord. Dit is ’n speletjie wat ons in die tagtigerjare as kinders gespeel het. Ek onthou die meeste gesinne het nie so ’n speletjie gehad nie en ons gesin ook nie. So, as ons by iemand gekuier het wat ’n bord gehad het (ons het geweet wie) het ons gevra dat die Vingerbord uitgehaal word sodat ons kon speel. En hét ons gespeel!

Vir so lank as wat ek kan onthou, het ek probeer om ’n ordentlike Vingerbord aan te koop – soos die waarmee ons as kinders gespeel het. Ons het toe begin om self een te maak deur ons eie navorsing te doen – met ’n paar probeerslae en skaafwerk het ons dit in ’n bord omskep wat ons sou wou koop. Nadat ons ons eie bord gemaak het, was daar baie belangstelling van vriende om dit kommersieel beskikbaar te maak en net so is Flick gebore. Ons wou dit toeganklik maak vir families in die VK en Europa.

Vir die wat nie weet hoe die speletjie werk nie – die beginsel van Vingerbord is eenvoudig, wat beteken dat selfs die jongste gesinslede saam kan speel. Die bord lyk amper soos potspel (Engels: “pool”). Net soos ’n potspeltafel is daar ook holtes. Die skietskyfies (Engels: “shooter discs”) word op dieselfde manier ingespan as ’n stootbal (Engels: “cue ball”). Spelers maak beurte om die skietskyfie te skiet om hul span se kleur skyfies in te skiet. Die eerste speler/span wat dit regkry om al hul kleurskyfies in te skiet, en daarna die blou skyfie, wen die speletjie.

Ek en my man werk in ons vrye tyd aan hierdie borde en ons maak dit self van begin tot einde met liefde. Dit is dus glad nie iets wat ons in grootmaat vervaardig nie. Elke bord word met baie sorg, aandag en tyd gemaak deur van net die beste materiale gebruik te maak. Omdat dit handgemaak is, voel elke bord organies en het sy eie unieke karakter. Ons maak selfs die speelstukkies self, aangesien dit nie in die VK te koop is nie.


Originally from South, Africa, my husband and I have been living in the UK for the last 16+ years.

Living in the UK, one of the things I missed from back in South Africa is the much loved game called “Vingerbord” (Fingerboard). This is a game we played back in the 80s as children. The thing I remember most is that not all families owned such a game, and our family didn’t have one either. So, whenever we visited a family that had a board (we knew who did), we always asked them to bring out the “Vingerbord” so that we could play. And play we did!

For as long as I can remember, I’ve been trying to buy a proper “Vingerbord” – made like those we played on as children. We started by making our own by doing research, through trial and error and fine-tuning it into a board we would like to buy. After we made our own board, we had so much interest and requests from friends to make this available commercially and just like that, Flick was born. We wanted to make this accessible to families in the UK and Europe.

For those who don’t know the game, the premise of “Vingerbord” is simple, making this a game that even the youngest family members can enjoy. This board game resembles the game of pool. Just like a pool table the board has pockets. Your shooter discs are used in similar way to a cue ball. Players take turns flicking a shooter disc to sink their team’s colour discs. The first player/team to sink all of their colour discs and then the blue disc, wins the game.

My husband and I make these boards in our free time, building it from scratch with love. So, this is by no means a mass-produced board. We put a lot of time, care and attention into each and every board, using only the best materials we can find. As it is handmade, each board feels organic and is completely unique with character. We even make the playing pieces by hand as this is not something you are able to buy in the UK.

Kontak Flick Fingerboards UK

United Kingdom
Koppel aan sosiale media

Deel hierdie inskrywing