Kerk

Dubai Afrikaanse Kerk

Jou Naaste Familie In die Sandland!

Daar is min dinge wat so lekker is as om in jou moedertaal te kan bid, te kan sing en Bybel te lees! Dubai Afrikaanse Kerk is geroep om jou naaste familie in die Sandland te wees!

Die Dubai Afrikaanse Kerk wil die Oase van Lewende Water in die woestyn wees vir jou en jou gesin. Ons doen dit deur spesifieke ruimtes te skep, waarin jy saam met die res van die gemeente, in geloof kan groei, dit kan uitleef, uitdra en geniet.

Ons kom uit verskillende Christelike kerkverbande of denominasies en ons kom ook van verskillende plekke af; uit Suid Afrika asook uit die res van die wêreld. Ons geniet dit om in Afrikaans kerk te hou en saam te aanbid en te kuier.

‘n Moedertaalkerk is een van die geskenke waardeur God nog altyd die evangelie laat gedy het. Dit is vir ons wonderlik om in hierdie Moslem-Arabiese en ander-talige wêreld, God in ons moedertaal te kan aanbid.

Kontak Dubai Afrikaanse Kerk

+971 52 102 4257
Millenennium Copthorne Lakeview hotel in the Green community , Dubai
Koppel aan sosiale media

Deel hierdie inskrywing