Bemarking en kommunikasie

Brokkies Beperk

Brokkies - Jou gratis Afrikaanse Doer-Onder nuusbrief

Brokkies is ‘n gratis e-posnuusbrief en word primêr gemik op Suider-Afrikaanse immigrante wat in Nieu-Seeland en Australië woon. Brokkies se wortels lê in Nieu-Seeland waar dit reeds sedert 2001 sy intekenaars bedien op die gebiede van kultuur, sosiale skakeling en besigheidsnetwerking. Die blad se uitbreiding na Australië is redelik nuut en belangstelling daar groei sterk. Besoek www.brokkies.net om in te teken, ‘n bydrae te lewer, of te adverteer.

Brokkies bevat stories oor ons immigrante se doen en late, hul aanpassingsproses en ervarings. Brokkies vier immigrante se prestasies op werk-, kulturele- of sportgebied, of delf ‘n bietjie dieper in sake wat algemeen byval vind by ons mense in hul nuwe omgewing.

Brokkies deel al vir 14 jaar lank Afrikaanse lekker uit. Word deel daarvan en teken gratis in by www.brokkies.net en laat gerus jou vriende en familie hiervan weet. Lees meer oor Brokkies by www.brokkies.net/wat-is-Brokkies

Kontak Brokkies Beperk

00-64-27-6572147
Koppel aan sosiale media

Deel hierdie inskrywing