Kerk

Brisbane Afrikaanse Kerk

Tot Eer van Sy Koninkryk

BAK is ‘n lid van die Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australië. Ons bedien Die Woord in Afrikaans.

Die bediening is in Afrikaans omdat daar ‘n groot behoefte by Afrikaanssprekendes bestaan om God in hulle moedertaal te aanbid en te dien. Geestelike groei vind makliker plaas waar jy in jou moedertaal die Woord bestudeer en dit uitleef. So word pastorale versorging en berading ook meer effektief ervaar as jy jou diepste emosies makliker in Afrikaans kan verwoord.

Die kerk vervul ‘n groot rol as ondersteuningsbasis vir nuwe immigrante wat in Australië aankom met die gepaardgaande aanpassingsprobleme en selfs trauma wat beleef word. 

Dominee Gawie Cloete is beroep as die eerste voltydse leraar van ons gemeente.  Hy en sy vrou Alba het die aanbod op 5 Junie 2020 aanvaar en het sedertdien maklik ingeskakel by die gemeente en maak elke dag ‘n verskil.

Ds. Gawie was eerste leraar by die Afrikaanse Christen Kerk NZ (1999-2005), asook eerste leraar by GEKA Bunbury (2011 – 2020). Brisbane Afrikaanse Kerk is geseënd om Ds. Gawie as leraar te hê.

Kontak Brisbane Afrikaanse Kerk

+61 488 054 024
15 London Rd, Eight Mile Plains, Brisbane, QLD, Australia, Queensland
Koppel aan sosiale media

Deel hierdie inskrywing