Restaurant

Braai Amsterdam

Bar and grill

In Suid-Afrika ken mense braai as ’n sosiale kuier waar kos oor ’n oop vuur voorberei word. In Amsterdam is braai ’n geleentheid om mekaar te ontmoet, te gesels en die goeie dinge in die lewe te geniet.

Die eerste mense wat in Suidelike Afrika gewoon het, het lank gelede per ongeluk rou vleis in die vuur laat val en agtergekom dat hierdie vleis baie makliker is om te kou. Kenners sê dit was die begin van die braai wat ons vandag ken.

Baie jare later het die braai ’n sentrale plek in die gemeenskap gehad waar die kos deur een persoon oor ’n oop vuur voorberei is. In plaas daarvan om kos in hul eie huis of hut voor te berei, het mense langs ’n vuur bymekaargekom en gesels en stories vertel.

Deesdae is ’n braai ’n sosiale samekoms waar kos oor ’n oop vuur voorberei word. Vriende en gaste is meer as welkom en die meeste mense bring iets saam om te eet. Die belangrikste beginsels van lank gelede geld egter wel steeds: saam kuier om die vuur, gesels en stories vertel. As jy eenmaal ’n regte braai ervaar het sal jy dit nooit vergeet nie.


 

In South Africa, a braai is known as a social meeting, where food is prepared on open fire. In Amsterdam, a braai is a place to meet, to talk and to enjoy the good things in life.

A long time ago in Southern Africa, early people accidently dropped raw meat into a fire and found out this meat was easier to chew. Experts say this is the early beginning of the braai we know today.

Many years later the braai conquered a central place in the village where the food was prepared on an open fire by one person. Instead of cooking in their own house or hut, people gathered around the fire, chatting and telling stories.

Nowadays, a braai is known as a social meeting where food is prepared on open fire. Friends and invites are more than welcome and most people bring something to eat. But the main principles from ancient times are still the same: gathering around the fire, chatting and telling stories. Once you’ve experienced a real braai, you will never forget.

Kontak Braai Amsterdam

+31 20 223 6020
Van Limburg Stirumstraat 149, Amsterdam, Netherlands
Koppel aan sosiale media

Deel hierdie inskrywing