Beter Afrikaans

Afrikaans aanlyn speletjie

Dit is deur die voormalige voorsitter van die Afrikaanse Taalkommissie, Gerhard van Huyssteen, ontwikkel en toets Afrikaanssprekendes van alle ouderdomme se kennis van die spel- en skryfreëls van die taal. Dit is gratis beskikbaar vir gebruik deur die internet en op selfone.

Gebruikers van Beter Afrikaans kan dit aanlyn op die webtuiste speel, of kies om elke weeksdag ’n e-pos te kry met ’n skakel na vier veelvoudige keusevrae. Die antwoorde word dadelik voorsien, so daar is geen spannende gewag soos na jou wiskundevraestel in graad 9 nie …

Meer inligting is ook beskikbaar vir die nuuskierige deelnemer vir wie die puntetelling alleen nie genoeg is nie.

Vir kompetisieverslaafdes se onthalwe word elke keer se uitslae gestoor, sodat hulle hulle eie vordering kan dophou en met ander spelers kan meeding. Daar is selfs ’n opsie vir groepe, byvoorbeeld ’n klasgroep in ’n skool, om deel te neem en teen ander groepe te speel. Beter Afrikaans is ontwikkel in samewerking met die Nederlandse speletjie, Beter Spellen, wat soortgelyk is. Beter Spellen het al meer as 90 000 aktiewe deelnemers en daar word gehoop dat Beter Afrikaans net so, of selfs nog meer gewild gaan raak.

Kontak Beter Afrikaans

South Africa
Koppel aan sosiale media

Deel hierdie inskrywing