Kleinhandel

Beskuitblik

Beskuit

Wanneer jy enige Suid-Afrikaanse huis besoek, word die beskuitblik met die heerlikste beskuit gou-gou te voorskyn gebring.

Koffie (of tee) en beskuit is die perfekte ontbyt en dis ‘n gesonde en voedsame peuselhappie.

Brenda Smit is in Suid-Afrika gebore en getoë. Sy en haar gesin het in 1998 na Nederland verhuis. Kook en bak was nog altyd haar passie, en omdat haar familie en vriende so versot is op haar beskuit het sy net al meer gebak.

“My passie vir beskuit bak was nog altyd ‘n familiesaak. Ek gebruik my ma en skoonma se beproefde resepte. My skoonma het ook beskuit gebak vir winkels wat tuisgemaakte lekkernye verkoop, en gelukkig het sy my die geheim van grootmaat bakkery geleer.”

.

When you visit any South African home, the beskuitblik (tin for rusks) will soon make its appearance, containing the most delicious rusks.

Rusks served with a hot cup of coffee or tea make a perfect early-morning breakfast and are a healthy and nutritious in-between snack.

Brenda Smit was born and bred in South Africa. She and her family moved to the Netherlands in 1998. Cooking and baking have always been her passion, and her family and friends’ love for her rusks encouraged her to bake more.

“My passion for baking rusks has always been a family affair. I use my mother and mother-in-law’s well-tried recipes. My mother-in-law also supplied rusks to shops that sell homemade goodies, and thankfully she let me in on the secret of baking in bulk.”

Kontak Beskuitblik

+31(0)6 42 666 892
Mauritslaan 20, 3871 CH, Hoevelaken
Koppel aan sosiale media

Deel hierdie inskrywing