Andre Reise

Beleef die buiteland in Afrikaans.

ANDRE REISE is sedert 1983 onafgebroke en deurlopend betrokke by die reël van ‘n groot verskeidenheid van toere na Europa, Skandinawië, Britse eilande, Oosbloklande, asook die tienjaarlikse besoek aan Oberammergau met die aanbieding van die Passiespele.

Andre Reise is ‘n goed gevestigde gesinsbesigheid wat die Afrikaanse toerismemark bedien met ‘n sterk en kultuurvaste aanslag en aanbieding van al ons toere, net in Afrikaans en gedryf deur sterk en vaste lewensbeginsels.

Volledige toerbeplanning wat ‘n volle paket insluit, word aangehbied teen bekostigbare tariewe vir oud en jonk. Ons dienspakette vir elke toer sluit die volgende in:

-Volledige beplanning en reël van die reisplan met dagprogramme en landreëlings.
-Bespreking en uitreiking van vliegkaartjies met elkeen se behoefte wat in aanmerking geneem word soos wegbreekpakette na elke toer.
-Goeie kwaliteit 3* en 4* hotelverblyf.
-Luukse busvervoer en reisversekering (addisioneel).
-Al ons toerleiers is deeglik opgelei en voorbereid vir elke toer met unieke besoekpunte van geskiedkundige en kulturele belang. Deurlopende en persoonlike aanadg is die wagwoord vir elke dag!

Kontak Andre Reise

082 573 1010
42 Van Riebeeck Straat, Wilgeboom AH, Potchefstroom, South Africa
Koppel aan sosiale media

Deel hierdie inskrywing