Juweliersdienste

Alzera Design

Jewellry and other loving local designs

Alzera Design bestaan uit ’n man-en-vrou-span. Dit het in pa se motorhuis as ’n stokperdjie begin met die droom om dit eendag ons toekoms te maak.

Om juwele te skep is een manier om onsself uit te druk en om te sê wat in ons hart is. Ons gebruik hoofsaaklik sterlingsilwer en kyk altyd rond vir prettige nuwe materiaal om in ons volgende juweelstuk in te sluit.

Alzera Design gee ’n unieke kinkel aan alledaagse juwele. Ons skep moderne stukke vir die gewone, dapper en moedige individu. Ons gebruik nie net sterlingsilwer in die stukke wat ons maak nie, maar ons kombineer dit met gemengde materiaal soos hout, hars en herwonne materiale asook verskillende allooie soos sirkonium.

Kontak Alzera Design

Koppel aan sosiale media

Deel hierdie inskrywing