Kerk

ACK Wellington

Die ACK Wellington (New Zealand) is deel van Jesus Christus se kerk in New Zealand
Die ACK Wellington (New Zealand) is deel van Jesus Christus se kerk in New Zealand.
Die ACK New Zealand bestaan tans uit 10 gemeentes landwyd en ons geniet ook ondersteuning in die breë van ander gemeentes op verskillende maniere.
Ons is gelowiges vanuit verskillende kerklike agtergronde, met verskillende dogmatiese tradisies en oortuigings.
Ons aanbid en dien die Here saam in ‘n geloofsgemeenskap sonder enige teologiese spanning, menslike oordeel en ’n kritiese gees.
Terwyl daar ruimte gebied word vir diversiteit, verskeie denkrigtings en elkeen se eie pad met God gebied word, gaan dit vir elke gelowige om ‘n verhouding met God deur Jesus Christus en die leiding van die Heilige Gees.
Ons fokus in prediking is om leiding en onderwysing te gee in die verstaan van God se Woord, maar ook leiding te gee hoe om die Woord prakties te gaan uitleef in ‘n wêreld waar ons Christen geloof en Christen wees elke dag uitgedaag en aangeval word.
Dit is regtig ons diepe hartewens dat die Here kragtig deur ons gemeente met elke gemeentelid en elke besoeker sal praat deur die werking van die Heilige Gees.

Kontak ACK Wellington

9 Sunset Parade, Plimmerton, Porirua 5026, New Zealand
Koppel aan sosiale media

Deel hierdie inskrywing