Onderwys en opleiding
ViVA
VivA, oftewel die Virtuele Instituut vir Afrikaans, se hoofdoelstellings is om die gebruik en gehalte van Afrikaans plaaslik en internasionaal uit te bou deur die bestudering van die taal, ontwikkeling van hulpmiddels vir gesproke en geskrewe Afrikaans en ’n aanlyn taaldiens. Die webtuiste bevat ’n magdom hulpmiddels – gaan speel gerus rond daarop om te sien wat vir kinders (en volwassenes!) beskikbaar is.