Eg Suid-Afrikaans
The South African Shop
Toe ek in 2021 in Kanada aankom, was een van die eerste goed wat my geskok het, hoe belaglik duur Suid-Afrikaanse kos en goodies hier is. En dis nie net die pryse nie — dis ’n mission om goed in die hande te kry.
Ek het toe The South African Shop begin, want ek het besef: daar’s baie van ons wat net ’n stukkie van die huis soek — maar teen pryse wat sin maak. Dis nie reg dat mens moet dubbel of driedubbel betaal vir iets soos All Gold of ’n boks Ouma nie.
My idee was eenvoudig: bring die goed wat mense mis van Suid-Afrika, reguit na hulle toe, oral in Kanada, teen ’n prys wat nie jou hele salaris opvat nie. Dis nie fancy nie, maar dis goedkoper. Ek probeer net om dit vir almal ’n bietjie makliker te maak. Ons verskeep net op Dinsdae om die pryse laag te hou.
As jy ook lief is vir Ouma beskuit, Mrs Balls, of Wilson Toffies, kom loer gerus op die site — ons probeer altyd nuwe goed bysit, en hou dinge so bekostigbaar as moontlik.
Kontak The South African Shop