Onderwys en opleiding

RecruitZA Afrikaans

Afrikaans oor grense heen

RecruitZA Afrikaans stel die volgende kenmerke beskikbaar:

  • Gekwalifiseerde onderwysers wat deeglik geverifieer is en oor toepaslike kwalifikasies en ondervinding beskik.
  • Aanpasbaarheid by verskillende tydsones, sodat lesse wêreldwyd geskeduleer kan word.
  • Interaktiewe aanlyn lesse via Zoom, ondersteun deur gestruktureerde leermateriaal.
  • Gereelde vorderingsverslae om ouers op hoogte te hou van hul kinders se ontwikkeling.
  • Buigsame betalingsopsies, insluitend weeklikse en maandelikse subskripsies.
  • ’n Streng verifikasieproses om ’n veilige leeromgewing te verseker.

Die proses om te registreer en te begin leer is volgens die platform eenvoudig:

  1. Ouers skep ’n gratis rekening en voeg hul kinders se profiele by.
  2. Hulle kies uit ’n lys geverifieerde onderwysers wat by hul behoeftes en skedule pas.
  3. Lesse word bespreek en aanlyn aangebied via interaktiewe Zoom-sessies.

Die platform is gerig op twee hoofgroepe:

Ouers oorsee wat graag wil hê hul kinders moet steeds Afrikaans kan praat, lees en skryf hetsy as moedertaal of as deel van hul kulturele erfenis.

Gekwalifiseerde Afrikaanse onderwysers, in Suid-Afrika of internasionaal, wat aanlyn lesse aan kinders wêreldwyd wil aanbied.

Kontak RecruitZA Afrikaans

+61 400 843 152
Australia
Koppel aan sosiale media

Deel hierdie inskrywing