Ander
Olka en Bolka
Dit is ons, Sune en Tarika! Twee mamma’s, 4 klein kindertjies, en die gesigte agter Olka & Bolka.
Ons woon in Nederland, ver van familie en dit wat bekend voel. Juis daarom is dit vir ons só lekker, maar ook belangrik, om ons Afrikaanse taal en kultuur lewendig te hou deur speelse leer!
Van kleins af het ons grootgeword met liedjies en rympies vol pret en troetelwoordjies. Olka Bolka was een van daardie liedjies wat ons tot vandag toe onthou, en wat ons graag vir ons eie kinders wil leer
Vandag is Olka & Bolka Afrikaanse speelpret vir ouderdomme 1-4 jaar. Gebore uit regte mamma-lewe, speelafsprake, laatnag idees en die behoefte aan maklike, temagebaseerde aktiwiteite in Afrikaans!
Ons Olka & Bolka pretboeke is temagebaseer en vol speelse avonture!
Elke boek fokus op 6 vaardighede wat jou kleuter ontdek deur speel en baie pret. Elke aktiwiteit is ‘n nuwe avontuur saam met Olka & Bolka – ‘n maklike gids vir ouers, au pairs en nanny’s.
Digitale boeke. Maklik drukbaar. Baie speelpret.
Kontak Olka en Bolka






