Vermaak
Boeremeisie
Boeremeisie het haar eerste verjaarsdag gevier op 31 Januarie en ons kyk terug op ‘n jaar van baie uitdagings en wonderlike suksesse. Ons het daarin geslaag om nie alleen oorspronklike geanimeerde stories maandeliks te publiseer nie, maar het ook uitgebrei na Afrikaanse rympies, luisterstories en liedjies.
Dit is vir ons belangrik om ons Christelike waardes uit te leef in ons stories en gee aandag aan stories uit die Bybel en veral gebeure rondom Paasfees en Kersfees. So ook was Afrikaans se 100-jaar vieringe verlede jaar vir ons van groot belang. Hierdie jaar wil ons ook begin om aan Suid-Afrikaanse helde uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis aandag te gee.
My droom bly om nuwe generasies met ‘n liefde vir Afrikaans te besiel deur middel van oorspronklike stories en prettige karakters. Kyk gerus na my YouTube kanaal Boeremeisie.au, teken julle kinders in en volg my op Facebook Boeremeisie.au.
#NewBeginnings #AfrikaansStories #Animation #ContentCreation #Boeremeisie #ChildrensStories #Storytelling #YouTubeChannel #PassionProject

Kontak Boeremeisie




